Perdekopnewel

Perdekopnewel
Die omgewing van die newel. Die refleksienewel NGC 2023 is links onder en die newel self naby die middel, in die vorm van die kop van ’n perd.
Die omgewing van die newel. Die refleksienewel NGC 2023 is links onder en die newel self naby die middel, in die vorm van die kop van ’n perd.
Soort newel Donker
Sterrebeeld Jagter
Tipe Diffusienewel
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 40m 59.0s
Deklinasie -02° 27′ 30.0"
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 1 500
Skynbare grootte 8 × 6 boogminute
Ander name
Barnard 33, LDN 1630
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Perdekopnewel (ook bekend as Barnard 33) is ’n donker newel in die sterrebeeld Jagter.[1] Dit is geleë net suid van die ster Alnitak, wat die verste oos is aan die Jagter se Belt, en is deel van die veel groter Orion- Molekulêre Wolkkompleks. Die newel is die eerste keer in 1888 aangeteken deur die Skotse sterrekundige Williamina Fleming op fotoplate B2312 wat deur die Harvardkollege-sterrewag geneem is.[2]

Die Perdekopnewel is sowat 1 500 ligjare van die Aarde af. Dit is een van die herkenbaarste newels vanweë die vorm van sy draaiende wolk donker stof en gas wat byna soos ’n perd se kop lyk wanneer dit van die Aarde af gesien word.[3]

  1. Arnett, Bill (2000). "Horsehead Nebula" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 21 Julie 2014.
  2. Cannon, Annie J. (Junie 1911). "Williamina Paton Fleming". Science (published 30 Junie 1911). 33 (861): 987–988. Bibcode:1911Sci....33..987C. doi:10.1126/science.33.861.987. PMID 17799863.
  3. Sharp, Nigel (2014). "The Horsehead Nebula". National Optical Astronomy Observatory (in Engels). Association of Universities for Research in Astronomy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020. Besoek op 21 Julie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search